

Eg Suid-Afrikaans
Die Afrikaners is Plesierig Soekboek is ‘n kleurvolle, kartonblad-prenteboek wat elemente eie aan die Afrikaanse kultuur vier.
In die boek toer ons na
-
die wynlande
-
die wildtuin
-
gaan strand toe
-
kamp in die bos, en
-
kuier by ‘n landbouskou.
​
Daar word kleilat gegooi, gebraai, foefieslaaid gery en
boeresport gehou.​
Slegs R169
(R70 Aflewering
Uitgesluit)
Soek!
01.
Daar is twintig plaaslike items in elke toneel om op te spoor. Alles van vellies, 'n driepootpot, 'n konsertina, boerseep en gemmerbier.
02.
Die familie op die voorblad kom iewers in elke toneel voor
03.
Daar word vyf interessante Suid-Afrikaanse feite by elke toneel gedeel.
04.
In elke toneel is daar 'n item waarop die Suid-Afrikaanse vlag verskyn, om uit te snuffel.


Waarom dié boek?
Afrikaners het ‘n ryk kultuur en het baie interessante aktiwiteite en gebruike, uniek tot die land.
As ‘n Afrikaner wat lief is vir my land en sy mense, het ek ‘n behoefte raakgesien om kinders ‘n visuele ervaring te kan gee met elemente wat deel is van hul
daaglikse verwysingsraamwerk.
​
Die prenteboek skep ‘n omgewing waar die jongspan kan leer en bekende items kan ontdek wat hul waarskynlik ook vanuit ervarings met hul eie familie en gemeenskap
sal herken.
Dis ook ‘n instrument vir Afrikaners in die buiteland om hul kinders op ‘n prettige manier iets van hul erfenis en vaderland te wys.
​